Using the hotlink supplied by 'miragemad', I read the article in BEELD re this book. The following highlights and more so those that I have underlined, were of interest to me. They are views which I readily accept and agree with - speaking personally.
The victory of the SADF in southern and south-east Angola in the 1980's, against Soviet equipped and supplied forces, meant that the political peace process in South Africa, could be negotiated around a table using pen and paper, thereby denying the 'cadres and comrades' glorifying their 'struggle' as the only way forward.
Quote:
Jannie Geldenhuys is keelvol vir die stortvloed van boeke, koerantartikels en ander belydenisgeskrifte deur skrywers wat ’n post-facto Damaskus-oomblik beleef oor die “sinloosheid” van die Bosoorlog van die jare sewentig en tagtig.
Hy het dit teen die “stigmatisering van ons destydse weermag (SAW) en die ondergrawing van sy moreel” en die “blatante geknoeiery met die geskiedenis”.
Daarom hou Geldenhuys nie van die woord “Bosoorlog” nie. Dis hoogstens die “grensoorlog”, maar – in sy gemoed en meer akkuraat – die “Koue Oorlog” waarvan die “warm gedeelte hom in die suidwestelike deel van Afrika” afgespeel het.
Dis ’n oorlog wat – nié toevallig nie – byna gelyktydig eindig in die epogmakende jaar van 1989 met die val van die Berlynse muur, die onttrekking van die Russe aan Afganistan en die gevolglike begin van die einde van die Sowjetunie.
Daar is by Geldenhuys geen twyfel nie dat Suid-Afrika, as die Weste se proksie, Kuba in Angola verslaan het en daarmee ’n deurslaggewende rol gespeel het, om Sowjet-ekspansionisme in Afrika noord van die Kunene te stuit voordat hy dit moes doen by die Oranje.
Oor deesdae se stortvloed van wroegpublikasies oor “Die Oorlog” is Geldenhuys hoogs geïrriteerd.
Geldenhuys, die skrywer van verskeie boeke oor sy diensjare, sê hy het ’n verpligting om nou die storie van die gewone soldaat - offisier, onderoffisier én troep – se rol in die Oorlog te vertel. En hy laat hulle self praat.
In 2011 glo Jannie Geldenhuys – nee, hy weet – dat as Suid- Afrika die oorlog in Angola verloor het, sou dié land vandag ’n ander plek gewees het.
Wat hom betref, het die weermag, die skutters, die kolonels en die generaals die Sowjet/ Kubaanse magte verslaan. Hulle het Afrika met leë hande verlaat, “wat van hulle oorbly is hul oorlogskroot in Angola,” sê Geldenhuys.
_________________
Travelling in Europe - including photos.
http://anewad.blogspot.co.uk/My Portfolio of Airplane Pictures
http://www.airplane-pictures.net/member ... php?p=6981