The SAAF Forum

Discussion on the SAAF and other southern African air forces.
It is currently 16 Apr 2024, 06:23

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 
Author Message
PostPosted: 30 Jan 2017, 18:23 
Offline
Honorary Order of the Trommel
User avatar

Joined: 05 Jun 2009, 17:19
Posts: 672
Location: Duitsland
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/kinders-in-weghol-ratel-tref-spogmotor-by-skool-20170130


Quote:
Kinders in weghol-Ratel tref spogmotor by skool

’n Pa en sy gr. 3-seun aan Grey-kollege (primêr) in Bloemfontein was al byna by die skoolhek uit toe hul motor met ’n reuse-slag van agter deur ’n Ratel getref is.

Dié fratsongeluk het Vrydag omstreeks 13:20 by die Bloemfonteinse seunskool plaasgevind.

Elrich Cameron se 2012-model Audi A4 is erg beskadig.

Image

Image

Foto’s van sy motor met die agterste ruit wat uitgeslaan is, die ingeduikte dak en die regterkantse band wat gebars het weens die impak van die botsing het mense aan die praat sedert dit op sosiale media versprei is.

Cameron het gesê daar was heelwat kinders op en in die Ratel.

“Een van die weermagouens daar het vir my gesê hy vermoed een van die seuns het per ongeluk die handrem laat sak,” het Cameron gesê.

Image

Image



Volgens Jurie Geldenhuys, skoolhoof van Grey-primêr, wag hulle nog vir die verslag wat ná die voorval opgestel is en kan hy nie veel inligting verskaf nie.

“Ek het in my truspieëltjie gesien hoe die Ratel op ons afpyl, maar ons kon nie gou genoeg wegkom nie aangesien daar ’n voertuig reg voor en langs ons was,” het Cameron, bestuurder van invorderings van die nuwe FNB-tak in Nelson Mandelarylaan, gesê.

“Ek en Caiden (sy seun) het darem niks oorgekom nie; ons was net erg geskok. Ek weet nie wat van daardie kinders geword het wat in en op die Ratel gespeel het nie. Hulle het blitsvinnig spore gemaak.

“Daar is redelik skade aan die voertuig. Ek sal vandag (Dinsdag) by die assessors hoor of dit herstel kan word en of dit afgeskryf gaan word,” het Cameron gesê.

Volgens hom gaan hy beslis regsaksie vir die skade oorweeg, maar hy weet nog nie teen watter party nie.

“Dít is wat een van die mense daar vir my gesê het.

Geldenhuys het gesê hulle het ’n paar keer afgekondig die skoolkinders moet nie naby aan die militêre voertuie speel nie.




Maak nie saak wat nie, iemand het akkies gajaag...


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group