Kobus de Villiers
Quote:
Die volgende fase in SALM EO was die ontwikkeling van 'aktiewe' EO. In die begin het ons stelsels gehad wat kon 'luister' as n grond radar of lug/lug radar jou vliegtuig betas. Die stelsel kon ook 'hoor' as die grond radar die beheer oorgee aan n radarbeheerde grond tot lug misiel. Dan kon die stelsel die vlieenier waarsku of automaties kaf uitskiet, geprogameer volgens die frekwensie van die inkomende misiel se radar.
Maar ons probleem was IR misiele. IR misiele 'kyk' na die vliegtuig se hitte en haak daaraan en volg dan die vliegtuig. Die IR misiel ' 'passief' en jy weet nie hy 'kyk' na jou nie. So ons moes staatmaak op inligting en Recce vlugte om te probeer weet waar IR bedreigings sou wees gedurende n sortie. Hulle het ook fakkels sistematies uitgeskiet gedurende n aanval as voorbehoed teen IR misiele, maar die ideaal sou wees as ons weet n IR misiel is oppad.
Daarvoor het Grinell n stel antennae en n hoee krag 'aandrywing rekenaar' ontwikkel wat dan kan 'rondkyk' en as die antenna die IR misiel waarneem, kan dit n teensein uitstuur en ook fakkels uitskiet om die IR te flous. Die storie het goed gewerk op n toetsbank, maar die sein tussen die rekenaar en die antenna moes met n 'waveguide' werk, elektriese kabels en drade het te veel weerstand gehad. Waveguides is dun metaal buise met hoogs gepoleerde binne vlakke en was baie beperk met hoe skerp jy die buis kon buig en ook hoe lank dit mag wees. Dit het dus beperk waar ons die groot, swaar en hoee hitte rekenaar kon plaas op die lugraam. Uiteindelik was die beste kompromie om dit tussen die twee ventrale vinne agter, onder op die F1 te plaas. Dan kon ons die 'waveguides' omlei tot bo-op die stert agter.
Die eerste foto wys die spesiale antenna langs die valskerm houer agter op die F1.
Ongelukkig het die rekenaar twee 'modes' gehad. Op die een het dit 'gesoek' en dit het n sekere hoeveelheid hitte afgegee. As dit n misiel gewaar, het dit na 'send' mode gegaan en dan was die dekselse ding vuurwarm en ons moes dit probeer afkoel anders sal dit uitbrand. Dit rekenaar sit onder die nabrander en in n area waar die buite lugvloei baie turbulent is, so ons moes verkoelingslug van die avionika area met n pyp agtertoe vloei. Geen pyp kon genoeg verkoelingslug in die kort tydjie wat die rekenaar so hard werk, voorsien nie!
Ons was heeltemaal gestonk en kon nie n plan kry wat werk nie. Op n dag praat ek en die ingenieur wat die verkoeling vir die Cheetah R2 se kameras ontwikkel het, en ons speel met idees. n Paar dae later het die ouens n plan! Hulle hang die verkoelingsvinne van die rekenaar in n bak kerswaks. Sodra die rekenaar mal gaan en vreeslik warm word, smelt die waks en absorbeer die hitte uit die rekenaar uit. Sodra hy sy werk gedoen het en die rekenaar gaan terug na n 'mode' waar dit nie so baie verkoeling nodig het nie, dan verkoel die lug wat ons agtertoe stuur met die pypie die waks, maar oor n langer tydperk, so ons het nie so baie koel lug nodig nie. Sodra die waks weer solied is, is dit gereed vir die volgende rondte. Die stelsel het perfek gewerk. Ek dink dit was n waks wat as afvalproduk by Sasol se prosesse uitgekom het.
Hier sien mens die antenna (regs van die remvalskerm houer) en die rekenaar onder tussen die finne. Die finne het kaf en fakkel patrone in, mens kan hulle sien.
Hier kan mens die huls om die rekenaar onder tussen die finne sien. Die bruin gedeelte is die uitlaat vir die warm lug nadat dit oor die waks gevloei het.
Die huls vir die rekenaar is duidelik onder tussen die ventrale finne. Ongelukkig het die groot huls bietjie 'drag' veroorsaak, maar dit is in n area waar die 'boundary layer' redelik dik is en was beter as wat ons bereken het.
Hier is n latere verbeterde weergawe van die antenna bo-op die remvalskerm van die Cheetah C. Daar was eers bekommernis dat dit die vloei vanaf die 'rudder' sou beinvloed, maar was glo nie n probleem nie.