The SAAF Forum

Discussion on the SAAF and other southern African air forces.
It is currently 18 May 2024, 13:43

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 
Author Message
PostPosted: 04 Jun 2017, 13:40 
Offline
Honorary Order of the Trommel
User avatar

Joined: 05 Jun 2009, 17:19
Posts: 672
Location: Duitsland
http://www.netwerk24.com/Sake/Eiendomme/kunswerk-van-historiese-fregat-opgeveil-20170604

Quote:
Deur Marthinus van Bart 04 Junie 2017 12:19

Image
Dié oorlogtydse akwarel deur Nils Severin Andersen word môre deur Strauss & Co ­opgeveil. Foto: Strauss & Co

’n Belangrike maritieme skildery van ’n Brits-Suid-Afrikaanse teenduikboot-fregat van die Tweede Wêreldoorlog, HMSAS Natal, word Maandag in Johannesburg deur die kunsafslaer Strauss & Co opgeveil.

Die akwarel op papier, 36,5 cm x 54,5 cm, gaan na verwagting groot aftrek by die kunskurators van Suid-Afrikaanse en Britse maritieme museums kry.

Die kunstenaar, die Noors-Suid-Afrikaanse skilder en ingenieur Nils Severin Andersen (1897-1972), word beskou as een van Suid-Afrika se uitnemendste maritieme kunstenaars. ’n Skildery wat hy van ’n VOC-seilskip gemaak het, is in 2010 vir R46 788 deur Strauss & Co opgeveil.




Wat die waterverfskildery as pikturale dokument nog belangriker maak, is dat toe dié oorlogskip op 14 Maart 1945 by Newcastle-upon-Tyne, aan die noordooskus van Engeland, te water gelaat is, sy eerste bevelvoerder ’n Suid-Afrikaner was: kommandeur ­David A. (Skoter) Hall, gebore op Pietersburg.

Die einde van die Tweede Wêreldoorlog was indertyd byna op hande toe Hall naby die eiland Mull aan die Skotse weskus die fregat op sy eerste oefenlopie laat uitvaar het. Vier uur later het die skip se sonarstelsel die teenwoordigheid van ’n Duitse duikboot, U-714, ontdek.

Die duikboot het toe pas ’n handelskip in die omgewing met torpedo’s tot sink gebring. Hall en sy teenduikbootbemanning het die ligging van die duikboot bepaal en dit met dieptebomme gekelder.

Al wat van die duikboot en sy bemanning oorgebly het, was ’n groot oliekol op die oppervlak van die see.

Die HMSAS Natal was die enigste oorlogskip van die Tweede Wêreldoorlog wat op sy nooiensvaart daarin geslaag het om ’n vyandelike duikboot te kelder.


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum

Search for:
Jump to:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group