Quote:
Man skuldig ná hy gesprekke oor vlugte afluister
2011-08-06 00:00
Johannesburg
’n 52-jarige sogenaamdevliegtuigkyker(plane spotter)van Boksburg, mnr. Julian Swift, is gister in die plaaslike landdroshof skuldig bevind op twee aanklagte wat met sy tydverdryf verband hou en tot tien maande tronkstraf of ’n boete van R5000 gevonnis.
Sy skuldigbevinding spruit daaruit dat hy onwettig meegeluister het na gesprekke tussen die beheertoring op die O.R. Tambo-lughawe en vlieëniers.
Mense wat hulle met dié tydverdryf besig hou, neem byvoorbeeld al die vliegtuie van ’n lugdiens af, of byvoorbeeld alle Boeing 747’s wat by ’n lughawe land.
Sy inhegtenisneming en hofverskyning het wêreldwyd opslae gemaak omdat “plane spotting” oor die wêreld heen ’n erkende tydverdryf is.
‘Plane spotting’ is ’n tydverdryf waar mense vliegtuie, sweeftuie, helikopters en ander tuie waarneem en dan die registrasienommers daarvan in ’n logboek aanteken.
Daar word gewoonlik opgelet na die vernaamste kenmerke van ’n vliegtuig. Die enjin mag dalk ’n spesifieke dreuning hê, of die intensiteit van die dampe kan aangeteken word. Die grootte van die vliegtuig, asook die nommer, tipe en posisie van die motore is ook belangrik.
Ander kenmerke waarna opgelet word is die spoed, die posisie van die kajuit, kleurskemas of enige toerusting wat die silhoeët van die vliegtuig kan verander. Al dié kenmerke help om ’n vliegtuig te identifiseer.
Die Burger
The above is an extract from an article in the daily newspaper 'Die Burger' as seen on the Web today.
For the benefit of non Afrikaans readers:-
A man has been found guilty and sentenced in Johannesburg, South Africa for listening in to Air Traffic Control conversations and plane spotting. He was sentenced to 10 months imprisonment or payment of a R5,000 fine.
Any comments?

_________________
Travelling in Europe - including photos.
http://anewad.blogspot.co.uk/My Portfolio of Airplane Pictures
http://www.airplane-pictures.net/member ... php?p=6981