https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/gryse-dame-na-randse-lughawe-20171024Quote:
’n Meer as 60 jaar oue Lockheed L-1649A
Star-liner-vliegtuig met ’n baie ryk
geskiedenis het by haar laaste rusplek in
Germiston aangekom om vir die publiek
uitgestal te word.
Die belangstelling en opwinding was
groot toe ’n vragmotor met die romp van
dié vliegtuig, geregistreer as ZS-DVJ, op
Vrydag 13 Oktober deur die hekke van die
Suid-Afrikaanse Lugvaartmuseum by die
Randse Lughawe in Germiston ingery het.
Dit was ’n groot hoogtepunt ná jare van
beplanning en harde werk om ’n finale tuiste te kry vir dié “gryse dame” van die Suid-
Afrikaanse lugvaartgeskiedenis, soos wat die Suid-Afrikaanse
Lugdiensmuseumvereniging (SAAMS) dié vliegtuig beskryf.